Wildsafari’s

Die boerdery bied ‘n baie gesogte en eksklusiewe boogjagervaring waar jagters toegang het tot ses jagskuilings en in luukse tente oornag. Die teikenmark is veral buitelandse en plaaslike boogjagters wat hoë kwaliteit en luukse jagverblyf verkies. Om ‘n unieke ervaring te verseker, sluit die pakket die beste koffie, wyn, foto’s, en wildbesigtiging in.

Die jagpakket sluit ook ‘n waarborg in dat die jagter wel die dier(e) sal skiet waarvoor hy gekom het. Die jagkamp is geleë in ‘n gebied waar nog nie voorheen gejag is nie en kwaliteit diere beskikbaar is.