Wilnick Boerdery het ‘n teelprogram vir eksotiese wild en kleurvariante.

Witflank-  en swart rooibokke, koningswildebeeste, Livingstone elande en koedoes is in die teelprogram opgeneem. Tans word slegs elande en koedoes bemark. Die boerdery se grootste koedoebul nóg, een met ‘n horinglengte van 64 ¼ duim, is aan Leopard Rock Game Breeders van Hoedspruit verkoop.

Uitsonderlike diere word as teelmateriaal van die hand gesit terwyl gemiddelde en onder-gemiddelde diere gejag word.