Wie is ons

Wilnick Boerdery boer met aartappels, suikermielies, beeste, wild en ander groente op 6 300 ha byTolwe in Limpopo. Een van die jongste uitbreidings is ‘n granaatboord wat binnekort in produksie behoort te kom. Die boerdery bedryf ‘n wildteelprogram en bied eksklusiewe boogjagervarings.

Verdere diversifikasie is ‘n 32 ton 440 perdekrag selfaangedrewe Beast Chipper houtkerfmasjien wat bosindringing in toom hou. Die opgekerfde materiaal word as deklae en vir die maak van kompos gebruik.

Die plase bestaan uit natuurlike weiveld en besproeide lande. Die grondtipes is sandleem- tot leemgrond en die veldtipe is soet savannaveld.

Wilnick Boerdery se visie is om ‘n leidende rol in volhoubare landbouproduksie te speel. Dit behels die bewaring van die natuurlike hulpbronne, die korrekte hantering van uitdagings, die neem van berekende risiko’s en om alle mense met die nodige waardigheid te behandel.

Die boerderysukses is te danke aan opgeleide en doelgerigte personeel wat gewone dinge buitengewoon goed doen en, natuurlik ook, ‘n deeglike skeut geloof en genade.