Ons begin

Die boerdery het begin met ‘n ry of twee tamaties, tabak en grondboontjies wat Willem Wagner (RIV), ‘n dieselwerktuigkundige , in 1978 saam met sy pa, Koos Wagner (RIV), op laasgenoemde se grond gevestig het. Die boerdery kry eers werklik beslag toe Willem sy eerste eie grond in 1980 gekoop het. Alles het op ‘n skamele 89 ha begin.

Van meet af aan was produkkwaliteit en –integriteit ononderhandelbaar. Hierdie filosofie van Willem leef vandag voort in die tweede geslag van hierdie familie se maatskappyboerdery met Nico Wagner aan die hoof.