Houtkerwer

Die boerdery se selfaangedrewe Bandit Beast houtkerfmasjien weeg 32 ton en het ‘n 440 perdekrag enjin. Danksy staal rusperbandaandrywing kan dit op feitlik enige terrein gebruik word. Dit kan van 60 tot 120 kubieke meter materiaal per uur verwerk  afhangende van die aard daarvan. Dit word op die plaas gebruik om indringerbosse op te kerf wat dan gebruik word om kompos te maak. Waar indringerbosse uitgeroei word, herstel die plantegroei vinnig tot tipiese savannaveld en word die drakrag verhoog.

Die kerfmasjien word aan ander boerderye verhuur om byvoorbeeld meganies gesnoeide boomtakke op te kerf. Dit word ook gebruik om bome op te kerf waar ou boorde uitgehaal word.

Die voordele van die opgekerfde plantmateriaal as grondbedekker is dat dit gronderosie beperk, dit skep ‘n mikroklimaat met grondvogbewaring en ‘n meer gematigde grondtemperatuur wat opbouende mikrobegroei stimuleer.