Gemeenskap

Die boerdery is een van die grootste werkverskaffers in die gemeenskap. Daar is 60 tot 70 permanente werkers en tot 200 seisoenswerkers. ‘n Mobiele kliniek besoek die plaas elke maand en geestelike bediening word twee keer per week gedoen. Wilnick beskou die geestelike opheffing en bou van morele waardes van sy werkers as baie belangrik. Op die horison is ‘n kleuterskool en miskien ook ‘n groter skool met sokkerfasiliteite .

Die boerdery is in mentorskap-vennootskappe met opkomende boere in die omgewing betrokke. Dit kom neer op ‘n 50/50-vennootskap tussen Wilnick en die die opkomende boer waar al die nodige boerdery- en bedryfskundigheid oor ‘n tydperk van vyf jaar oorgedra word. ‘n Kontrak van tien jaar op dieselfde grondslag word tans onderhandel. Wilnick Boerdery glo vir ‘n opkomende boer is sulke samewerking die beste manier om kommersiële onafhanklikheid te ontsluit.