Wilnick Boerdery is ‘n vooruitstrewende familieboerdery wat boer met aartappels, suikermielies, beeste, wild en ander groente. Die boerdery speel ‘n leidende rol in volhoubare landbouproduksie. Wilnick Boerdery se wenresep is volgehoue leierskap met gewaarborgde kwaliteit, kliënt-gedrewe innovasie en integriteit.